Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 06 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-09-2024 só ingevul:



Die seuns is al weer besig om die meisies met ........ bang te maak.
1 % (afgerond)gogas
8 % (afgerond)gogga's
90 % (afgerond)goggas 
1 % (afgerond)goga's

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Die volgelinge staan ........ agter hulle leier.

1 % (afgerond)stoelvas
3 % (afgerond)handvas
tafelvas
97 % (afgerond)bankvas 

In die kollokasie "bankvas staan" is slegs dié intensiewe vorm korrek. Daar is egter ander intensiewe vorme van "vas" soos, "rotsvas" en "styfvas". Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



'n Splinternuwe fabriek van ........ is onlangs in Rosslyn oopgemaak waar motors vir die uitvoermark monteer gaan woord.
2 % (afgerond)multi-miljoen-rand
30 % (afgerond)multimiljoen rand 
8 % (afgerond)multi-miljoen rand
61 % (afgerond)multimiljoenrand

Name van geldeenhede word altyd los van bedrae geskryf as dit in woorde uitgeskryf word, byvoorbeeld "sewentig rand", "tien pond", een miljoen euro".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die Opposisie het die regering daarvan beskuldig dat hy ........ versprei.
8 % (afgerond)propeganda
89 % (afgerond)propaganda 
propegannda
3 % (afgerond)proppeganda

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “propaganda”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Hierdie woorde val in die tussenklas.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties