Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-09-2024 só ingevul:



Die skildery is mooi.
Wat is die woordsoort van "is" in bostaande sin?

4 % (afgerond)deelwoord
45 % (afgerond)koppelwerkwoord 
13 % (afgerond)skakelwerkwoord
38 % (afgerond)hulpwerkwoord

Daar is verskillende kategorieë van werkwoorde. 'n Koppelwerkwoord word gebruik waar koppeling van die werkwoord nodig is, byvoorbeeld:
Die skildery is mooi. (koppeling tussen "Die skildery" (selfstandige naamwoord) en "mooi" (byvoeglike naamwoord)).

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ is tussen Egipte en Saoedi-Arabië geleë.
4 % (afgerond)Rooi see
47 % (afgerond)Rooisee 
6 % (afgerond)Rooi-See
44 % (afgerond)Rooi See

Meerledige geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (Bron: AWS 12.29)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Oom Herklaas van die buurplaas het verlede maand vyf nuwe ........ gekoop.
92 % (afgerond)ploeë 
ploegens
2 % (afgerond)ploege
6 % (afgerond)ploë

By naamwoorde wat oop “-eg”, “-ieg”, “og”, “oeg” en “oog” eindig, val die “g” weg en kry ’n “ë”, byvoorbeeld “weg – weë”, “vlieg – vlieë”, “oorlog – oorloë” (AWS 13.11).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die studente het 'n ........ lys van griewe aan die bestuur van die universiteit gerig.
90 % (afgerond)ellelange 
3 % (afgerond)elle-lange
6 % (afgerond)elle lange

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties