Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-09-2024 só ingevul:



Die sekerheidsbeampte by die lughawe het daarop aangedring dat hulle eers hul skoene, baadjies en ........ verwyder, voordat hulle gevisenteer is.
46 % (afgerond)belte of belde
belts
2 % (afgerond)belte
52 % (afgerond)belde 

Die woord "belde" is die meervoud van sowel "belt" (die oorspronklike Engelse leenwoord) as "beld" (die eweneens aanvaarde verafrikaanste weergawe daarvan). Klankverwarring kom dikwels voor tussen "t" en "d" aan die einde van 'n woord, aangesien albei in Afrikaans as stemloos (d.w.s. as [t]) uitgespreek word. Deur te luister na die verboë vorm van so 'n woord (byvoorbeeld die meervoud), kan normaalweg bepaal word of dit met 'n "t" of 'n "d" gespel moet word. Beide die enkelvoudsvorme "belt" en "beld" word egter in hierdie uitsonderlike geval aanvaar.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?
4 % (afgerond)kolonels-generaals
4 % (afgerond)kolonels-generale
78 % (afgerond)kolonels-generaal 
13 % (afgerond)kolonelle-generaal

'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Wie is die digter van die bundel "Chokers en survivors"?
29 % (afgerond)Nathan Trantaal
16 % (afgerond)Nathan Tarentaal
49 % (afgerond)Nathan Trantraal 
6 % (afgerond)Nathan Tarantraal

Dié bekende digter se van word "Trantraal" gespel. Die naam van die inheemse voëlsoort is "tarentaal".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Weens die skandaal het die maatskappy besluit om sy kontrak met die personeellid ........ op te skort.
1 % (afgerond)voortyd
79 % (afgerond)voortydig 
20 % (afgerond)vroegtydig

'n Kontrak word "voortydig" gekanselleer; sitplekke vir 'n konsert word "vroegtydig" bespreek.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties