11 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-09-2024 só ingevul:
Hulle woon ........ van ons af.
myls myle
mylens
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "myl - myle", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die dief het my handsak probeer gryp, maar ek het ........ daaraan vasgeklou.
verbeete
ferbete
ferbeete verbete
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
As dit by kattekwaad kom, is Frank gewoonlik die ........ .
voor-bok
voor bok voorbok
ʼn Samestelling ("voorbok") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voor" en "bok") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Heinrich was nog nie eens halfpad die koppie uit nie, toe is sy fut uit. Wat is 'n sinoniem vir "fut" in bostaande sin?
klere
hemp drif
skoene
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Nog sinonieme vir "fut" sluit in: 'krag'; 'lus'; 'energie'; 'deursettingvermoë', ensovoorts.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)