12 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-09-2024 só ingevul:
Ek sal die tuin ........ wanneer ek by die huis kom.
nat-gooi natgooi
nat gooi
Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n byvoeglike naamwoord ("nat") en 'n werkwoord ("gooi").
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ bydrae van die fonds maak my studies moontlik.
finansieële finansiële
finansiele
Die deelteken word gebruik by woorde wat oorspronklik eindig op "-ieel" en dan voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Iemand 'n ........ in die kop praat.
skoot
pruik gat
pyn
Die uitdrukking "iemand 'n gat in die kop praat" beteken 'iemand ompraat om iets te doen'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Lande in ........ beleef tans ongekende groei.
Asië
asië
Asiee
asiee
Geografiese name en plekname word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)