Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 13 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-09-2024 só ingevul:



Volgens die ........ is die eiland deur nóg twee aardbewings geruk.
midia
1 % (afgerond)medea
miedia
99 % (afgerond)media 

Vreemde woorde ("media") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Masels is ʼn ........ siekte onder kinders.
1 % (afgerond)algemeene
97 % (afgerond)algemene 
algemen
2 % (afgerond)algemeen

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("algemeen"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Dit is nie iets wat ’n mens sonder ........ aanpak nie.
3 % (afgerond)toerusting
13 % (afgerond)voorbereiding
82 % (afgerond)handskoene 
1 % (afgerond)klere

Die idioom "nie ’n saak sonder handskoene aanpak nie" beteken ‘dis nie ’n saak waarin jy jou ligtelik moet begewe nie’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is, ‘it is something to be handled with velvet gloves’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die honde se geblaf steur ons in ons slaap.
Wat is die woordsoort van "steur" in bostaande sin?

5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
89 % (afgerond)werkwoord 
4 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "ontruim", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties