Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 13 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-09-2024 só ingevul:



Dit was die bekende Fuga in ........ van JS Bach.
13 % (afgerond)g-mineur
1 % (afgerond)g mineur
5 % (afgerond)G mineur
81 % (afgerond)G-mineur 

Samestellings met ’n syfer of simbool ("G-mineur") word met ’n koppelteken geskryf. Die naam van die toonsoort word volgens die AWS altyd met 'n hoofletter geskryf, hoewel in sommige musiekkringe mineurtoonsoorte met kleinletters geskryf word om dit van majeurtoonsoorte te onderskei.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek hou daarvan om te gaan stap.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "te" in bostaande sin?
55 % (afgerond)skakelpartikel
1 % (afgerond)besitspartikel
41 % (afgerond)infinitiefpartikel 
2 % (afgerond)graadpartikel

Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder:
infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se”
vergelykings partikel – “so” en “soos”
skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die meisie wat oorkant my sit se hare is ........ .
80 % (afgerond)raafswart 
18 % (afgerond)gietswart
1 % (afgerond)kraaiswart
2 % (afgerond)koolswart

Die intensiewe vorm van "swart" is "raafswart", "pikswart" of "gitswart".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Durban is die grootste stad in ........ .
50 % (afgerond)slegs KwaZulu-Natal 
2 % (afgerond)slegs KwaZoeloe-Natal
39 % (afgerond)KwaZoeloe-Natal of KwaZulu-Natal
9 % (afgerond)slegs kwaZulu-Natal

Let op die hoofletter "Z" in die middel van "KwaZulu". Al kan ons "Zoeloe" of "Zulu" skryf om na onder andere die taalnaam te verwys, word die provinsie se naam slegs op een manier geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties