Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 16 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-09-2024 só ingevul:



Dinge is nie altyd net swart of ........ nie.
100 % (afgerond)wit 
wet
wut

Die [ә]-klank word in beklemtoonde lettergrepe en agtervoegsels met “i” geskryf (AWS 16.13).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Hoe het jy jou vee tydens die droogte ........ ?
2 % (afgerond)voer
5 % (afgerond)gevoerd
voerd
93 % (afgerond)gevoer 

By ʼn eenlettergrepige werkwoord word "ge-" bygevoeg wanneer dit saam met "het" ʼn aanduiding van die verlede tyd is.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Jou kunswerk is pragtig, ........ Venter.
94 % (afgerond)Vaatjie 
6 % (afgerond)vaatjie

'n Bynaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Woorde wat net so oorgeneem is uit ander tale en wat hulle oorspronklike spelvorm behou, noem ons ........ .
37 % (afgerond)verafrikaanste woorde
54 % (afgerond)vreemde woorde 
3 % (afgerond)homonieme
6 % (afgerond)wisselvorme

Indien vreemde woorde verafrikaans sou word, sou hulle vir ons vreemder lyk as in die oorspronklike spelvorm. Bekende voorbeelde van vreemde woorde sluit in: "pizza", "steak", "denim", "casanova" en "chalet".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties