16 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-09-2024 só ingevul:
Die volgende ........ word om elfuur gelees.
nuus-boeletin
nuusboeletien nuusbulletin
nuus-buletien
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die spelling "nuusboeletien" word nie deur die AWS erken nie.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Die sog het haar hele ........ varkies verwerp.
drag
broeisel
skool
pak
Die versamelnaam vir ʼn klomp klein varkies by een sog is "drag" (Engels 'farrow'). ʼn Mens kan ook praat van ʼn "werpsel" of "nes". (Bron: Groot Woordeboek)
Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
manssport
man-sport mansport
mans-sport
Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die gebruik van te veel alkohol veroorsaak die afsterwing van breinselle. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "afsterwing" in bostaande sin?
eienaam abstrakte naamwoord
massanaam
soortnaam
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "afsterwing", "godsdiens", "woede" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)