17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-09-2024 só ingevul:
Jy moet elke dag probeer om 'n verskeidenheid ........ in te kry.
vietamine
vitamine
vitamienes vitamines
Die meervoud van "vitamine" is "vitamines". Die wisselvorm "vitamien" met meervoud "vitamiene" word ook erken.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.
Cilliers'tjie
Cilliersjie of Cilliers'jie
Cillierstjie
Cillierskie
Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Sy studeer ........ .
algemene taalwetenskap Algemene Taalwetenskap of algemene taalwetenskap
Algemene Taalwetenskap
Algemene-Taalwetenskap
Die name van vakke en dissiplines word met 'n hoof- of 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die ........ geslagsrol dui op die onderskrywing van beide manlike en vroulike rolle.
androgenetiese
androgene androgiene
androgeniese
Die byvoeglike naamwoord "androgiene" beteken 'wat betrekking het op beide geslagte', terwyl die byvoeglike naamwoord "androgene" beteken 'wat betrekking het op die manlike geslag'. Die vorme "androgenies" en "androgeneties" word nie in Afrikaans gebruik nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)