Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 24 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-09-2024 só ingevul:



Baie immigrante kla dat hul werkgewers hulle uitbuit.
Wat is die woordsoort van "uitbuit"?
93 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)bywoord
5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Jy moenie ........ nie!
seer-kry
10 % (afgerond)seer kry
90 % (afgerond)seerkry 

Wanneer 'n bywoord ("seer") plus 'n werkwoord ("kry") met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry wat verskil van die oorspronklike groep, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die gasvryheid van die ........ is legendaries.
93 % (afgerond)Namibiërs 
6 % (afgerond)namibiërs of Namibiërs
1 % (afgerond)namibiërs

Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die baas gee geen ........ vir haar werknemers om nie.
9 % (afgerond)snaars
84 % (afgerond)snars 
8 % (afgerond)sners

Die uitdrukking "nie ’n snars omgee nie," beteken ‘glad nie omgee nie’. Die Engelse weergawe van hierdie uitdrukking is ‘not care a hoot’. Die woord "snars" is afkomstig van die Nederlandse werkwoorde wat ‘in een teug wegslaan’ beteken. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties