Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 24 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-09-2024 só ingevul:



Groen druiwe het 'n ........ smaak.
1 % (afgerond)vranck
71 % (afgerond)vrank 
28 % (afgerond)frank
franck

"Vrank" beteken suur en onaangenaam, terwyl "frank" onder andere 'n ou munteenheid in Frankryk was.
Sien ook die bladsy Homofone.



My familie gaan eet gewoonlik by die ........ op Kersdag.
87 % (afgerond)Koekemoers 
1 % (afgerond)Koekemoer'e
6 % (afgerond)Koekemoer's
6 % (afgerond)Koekemoere

Eiename wat op "-r" eindig, kry 'n meervoudsvorm met "-s".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



17 ........ het die Suid-Afrikaanse span in 2014 gehaal.
21 % (afgerond)Atlete
65 % (afgerond)atlete 
15 % (afgerond)atlete of Atlete

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Wat noem ons iemand wat van Burkina Faso kom?
2 % (afgerond)slegs Burkiniër
25 % (afgerond)slegs Burkino Fasiër
52 % (afgerond)Burkinees of Burkiniër 
21 % (afgerond)slegs Burkinees

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties