26 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-09-2024 só ingevul:
Wat is die ........ waaraan ’n mens vir die pos moet voldoen?
slegs kriteria
slegs kriterias
slegs kriteriums kriteria of kriteriums
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is. Byvoorbeeld, "kriteria – kriteriums"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Die ........ biltong is glad nie lekker nie.
uitgedroogte
uitgedroogde
uitgedroogdte of uitgedroogde uitgedroogde of uitgedroogte
Voltooide deelwoorde wat op "f", "g" of "s" eindig, kry "-te" of "-de" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
'n ........ is 'n inwoner van die hoofstad van die Duitse deelstaat Beiere.
Municher
Münchenaar Münchener
Munichaan
Die hoofstad van die Duitse deelstaat Beiere staan in Afrikaans (net soos in Duits) bekend as "München" (Engels 'Munich'). 'n Inwoner van dié stad word 'n "Münchener" genoem. (Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Plekname.
Die bottel is goed gekurk. Wat is die woordsoort van "goed" in bostaande sin?
voornaamwoord bywoord
selfstandige naamwoord
byvoeglike naamwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is die bottel gekurk? Die antwoord: goed.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)