Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 27 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-09-2024 só ingevul:



Ná 'n ........ soektog is wrakstukke van die vliegtuig uiteindelik gevind.
30 % (afgerond)16-maand lange
37 % (afgerond)16 maande lange 
23 % (afgerond)16-maande-lange
11 % (afgerond)16 maand lange

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("maande") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf, byvoorbeeld "16 maande lange", "vier weke lange" en "drie ure lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.



"VIGS" is die akroniem vir ........ .

7 % (afgerond)verworwe immuniteitsgebrek sindroom
2 % (afgerond)verworwe immuniteits gebrek sindroom
31 % (afgerond)verworwe-immuniteitsgebreksindroom
60 % (afgerond)verworwe immuniteitsgebreksindroom 

Daar is twee soorte akronieme: letternaamwoorde en letterklankwoorde.
"VIGS" (of "vigs") is 'n letterklankwoord, want dit word soos enige gewone woord uitgespreek.
Sien ook die bladsy Akronieme.



Die gemeenskap het die nuwe intrekker met agterdog ........ .
4 % (afgerond)ontvang
1 % (afgerond)tegemoetgegaan
93 % (afgerond)bejeën 
2 % (afgerond)aanskou

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “met agterdog bejeën”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die universiteite se hoofamptenare word ........ genoem.
64 % (afgerond)rektore 
4 % (afgerond)Rektore
32 % (afgerond)rektore of Rektore

Wanneer 'n ampsbenaming ("rektor"), of die naam van 'n instelling ("universiteit"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties