Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 30 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-09-2024 só ingevul:



Antoinette was verslae toe sy hoor van haar vriendin se siekte.
Wat is die woordsoort van "verslae" in bostaande sin?
7 % (afgerond)adverbiale adjektief
5 % (afgerond)aannemende adjektief
43 % (afgerond)attributiewe adjektief
44 % (afgerond)predikatiewe adjektief 

'n Attributiewe adjektief staan (oftewel byvoeglike naamwoord) gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf; 'n predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "Antoinette was verslae".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Om ........ rand per nag vir verblyf te betaal, is verregaande.
38 % (afgerond)sesduisend of ses-duisend
11 % (afgerond)slegs ses duisend
42 % (afgerond)ses duisend of sesduisend 
9 % (afgerond)ses duisend of ses-duisend

Ingevolge reël 15.45 in die AWS kan 'n telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die katjie het die ........ wol uitgerafel.
94 % (afgerond)bolletjie 
bolliekie
4 % (afgerond)bollietjie
1 % (afgerond)bollekie

Die verkleiningsvorm van "bol" is "bolletjie".
Woorde wat eindig op ʼn "l", "m", "n" of "r" wat volg op ʼn kort vokaal kry "-etjie" in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Uitdrukking: Die ........ se kinders loop kaalvoet.
3 % (afgerond)ryk man
hengelaar
96 % (afgerond)skoenmaker 
1 % (afgerond)boer

Die uitdrukking "die skoenmaker se kinders loop kaalvoet" word gesê van mense wat 'n bepaalde vaardigheid het, dit dikwels nie tuis aanwend nie.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties