Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 30 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-09-2024 só ingevul:



ʼn Moskeehoof wat in gebed voorgaan, noem ons ʼn ........ .
2 % (afgerond)bilaal
gatiep
93 % (afgerond)imam 
4 % (afgerond)kalief

ʼn Imam is ʼn moskeehoof, terwyl ʼn gatiep sy assistent is en ʼn bilaal (of muezzin/muedzin) die moskeebeampte is wat uit die minaret die gebedstye afroep. ʼn Kalief is histories die wêreldlike hoof van die Soennitiese Moesliems. (Bron: VAW; WAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die idioom, "die ........ op die som," beteken 'dit is die bewys'.
39 % (afgerond)proef 
55 % (afgerond)antwoord
3 % (afgerond)vraag
3 % (afgerond)teken

Die idioom "die proef op die som" beteken 'dit is die bewys van iets'. (Engels: 'That settles the matter')
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Toe Mina aan die Kaap kom, was sy ........ , maar kon haar in Londen verstaanbaar maak. Die tweetalige woordeboek is ........ .
37 % (afgerond)half-Engels, half Engels
15 % (afgerond)half-Engels, half-Engels
8 % (afgerond)Halfengels, half Engels
40 % (afgerond)half Engels, half-Engels 

Taalname as byvoeglike naamwoorde met 'n voorvoegsel, kry 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die taalnaam. Die taalnaam begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "anti-Engels", "half-Duits" (AWS 9.12). 'n Taalnaam wat met 'n bywoord voorafgegaan word, word egter los geskryf, byvoorbeeld: Fimke is "half Afrikaans", maar haar Nederlands is beter.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die afkorting vir die "Internasionale Stelsel van Eenhede" is ........ .
3 % (afgerond)SI-E
43 % (afgerond)SI 
2 % (afgerond)IE
52 % (afgerond)ISE

SI is 'n akroniem vir die Internasionale Stelsel van Eenhede (uit Frans: Le Système International d'Unites). Dit is die moderne vorm van die metrieke stelsel en is die wêreld se mees gebruikte stelsel van meting in die alledaagse handel en wetenskap.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties