Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 01 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-10-2024 só ingevul:



Verskeie ........ is tydens die rooftog gesteel.
80 % (afgerond)kameras 
17 % (afgerond)kamera's
2 % (afgerond)kammeras
1 % (afgerond)kammera's

Woorde wat op 'n onbeklemtoonde "-a" eindig, kry nie 'n afkappingsteken in die meervoud nie, byvoorbeeld "kamera - kameras". Woorde wat op 'n beklemtoonde "-a" eindig, kry wel 'n afkappingsteken in die meervoud, byvoorbeeld "ma - ma's".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Het jy die ........ in die koerant gesien van daardie fiets wat jy so graag wil hê?
100 % (afgerond)advertensie 
addfertensie
adfertensie
addvertensie

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Vlekke op 'n mens se naels dui op 'n tekort aan ........ .
85 % (afgerond)kalsium 
2 % (afgerond)Calsium
10 % (afgerond)Kalsium
3 % (afgerond)calsium

Die name van gesteentes en minerale begin met 'n kleinletter, ook name wat afgelei is van 'n persoons- of geografiese naam.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die voormalige werknemer is gedagvaar omdat hy die maatskappy ........ aangedoen het.
92 % (afgerond)oneer 
7 % (afgerond)onguns
1 % (afgerond)afguns

Die woord "oneer" beteken 'skande' of belediging'; die woord "onguns" beteken 'ongewild'. Om iets of iemand "oneer" aan te doen is om iets of iemand te 'beledig'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties