Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 01 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-10-2024 só ingevul:



Jason het 'n eier in die veld opgetel; dit lyk soos 'n ........ .
15 % (afgerond)tinktinkie eiertjie
9 % (afgerond)tinktinkieëiertjie
75 % (afgerond)tinktinkie-eiertjie 

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Frida se ma is maklik die ........ ouer wat ek al by 'n gradeplegtigheid gesien het.
trotser
trotsser
24 % (afgerond)trotste
76 % (afgerond)trotsste 

Die trappe van vergelyking van "trots" is "trotser" en "trotsste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die hoofstad van Ghana is ........ .
50 % (afgerond)Akkra of Accra 
16 % (afgerond)slegs Accra
13 % (afgerond)Akra of Acra
21 % (afgerond)slegs Akkra

Sommige plekname word verafrikaans. In die geval van die hoofstad van Ghana word albei spellings "Akkra" en "Accra" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



'n ........ is 'n verband wat van lig rekbare materiaal gemaak is.
60 % (afgerond)Crêpeverband of Kreipverband 
36 % (afgerond)slegs Crêpeverband
4 % (afgerond)slegs Kreipverband

Woorde van vreemde oorsprong het soms twee moontlike spellings: die "vreemde" (oorspronklike) spelvorm, en die verafrikaanste spelvorm. Hierdie twee spelvorme word dan as wisselvorme van mekaar beskou. "Crêpe" en "kreip" ('soort weefstof') is 'n voorbeeld van wisselvorme.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties