02 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-10-2024 só ingevul:
Hy het die aanbod om oorsee te gaan studeer (met albei hande) ........ .
geaangryp aangegryp
geäangryp
aan gegryp
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Ek lees graag die ........ oor 4x4's.
rebriek
rebruuk rubriek
rubruuk
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak beklemtoonde posisie is (soos die "u" in "rubriek"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "rebriek").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Die verdrukte mense het in ........ teen die regering gekom.
op stand
op-stand
opgestand opstand
ʼn Samestelling ("opstand") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("op" en "stand") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "toon" in die volgende sinne is ’n ........ . Jy moet jou paspoort by doeane toon. Eina! Ek het my toon gestamp. Ons gaan die lied een toon hoër sing.
antoniem
sinoniem homoniem
homofoon
ʼn Homoniem is twee of meer woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "toon" (‘wys’), "toon" (‘deel van ’n mens se voet’) en "toon" (‘musieknoot’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)