Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-10-2024 só ingevul:



Mannetjies le Roux
........ X1234
Pretoria
0001
2 % (afgerond)Privaat-sak
88 % (afgerond)Privaatsak
10 % (afgerond)Privaat sak 

Die AWS (www.woordelys.co.za) erken slegs "privaat sak" (of "private sake"), aangesien "privaat" 'n byvoeglike naamwoord is. Ons skryf daarom ook "privaat aangeleentheid", "private sektor", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Samestellings.



"Wat beteken ........ ons is aan die vyand uitgelewer ........ binne hierdie konteks?" vra Kannemeyer in die rubriek.
65 % (afgerond)enkelaanhalingstekens 
27 % (afgerond)dubbelaanhalingstekens
4 % (afgerond)aandagstrepe
4 % (afgerond)geen leestekens

Enkelaanhalingstekens word binne dubbelaanhalingstekens gebruik.
(AWS 13.6)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Idioom: Die ........ het 'n muis gebaar.
2 % (afgerond)hond
8 % (afgerond)kaas
55 % (afgerond)berg 
36 % (afgerond)kat

Die idioom "die berg het 'n muis gebaar", beteken 'groot dinge is verwag maar iets kleins het gebeur'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Annemarie is met 'n ........ getroud.
79 % (afgerond)Tsjeg 
6 % (afgerond)Czeg
Ceg
15 % (afgerond)Tjeg

Iemand wat van die Tsjeggiese Republiek kom, word 'n Tsjeg genoem. 'n Tsjeg het Tsjeggiese gewoontes en praat Tsjeggies.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties