03 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-10-2024 só ingevul:
Ek was baie ........ toe ek nie vir die operette gekies is nie.
te leur gesteld teleurgesteld
teleur gesteld
teleur gestel
ʼn Samestelling ("teleurgesteld") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("teleur" en "gesteld") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek het ........ in die verslag gehad, maar nie genoeg tyd om dit behoorlik te bestudeer nie.
insa’s
insaë
insa’e insae
Die "ae"-verbinding ("insae") in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die appel val nie ver van die ........ af nie.
wa
bak boom
tafel
Die idioom "die appel val nie ver van die boom af nie" beteken ‘die kind aard na sy ouer’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is ‘like father, like son’ of ‘like mother, like daughter’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die Vaalrivier is die grootste takrivier van die ........ in Suid-Afrika.
Oranjerivier
Oranje Rivier
oranjerivier
oranje rivier
Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)