Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 04 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-10-2024 só ingevul:



Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.
63 % (afgerond)drie maande basiese opleiding 
4 % (afgerond)driemaandebasiese opleiding
5 % (afgerond)driemaandebasiese-opleiding
29 % (afgerond)driemaande- basiese opleiding

Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn".
AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.



ʼn Versperring in 'n pad wat verhoed dat ʼn oproerige skare verby kan kom, is 'n ........ .

37 % (afgerond)blokkade
18 % (afgerond)kordon
45 % (afgerond)barrikade 

Die polisie gebruik "barrikades" om oproeriges in bedwang te bring; hulle hou "blokkades" om voertuie te deursoek. "Versperrings" is bome of ander voorwerpe wat in 'n pad lê.
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Idioom: Die ........ neerlê.
97 % (afgerond)juk 
kind
hond
3 % (afgerond)werk

Hierdie idioom beteken 'aftree'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Sy het die ........ van haar ouma geërf.
53 % (afgerond)Familiebybel 
4 % (afgerond)Familie-Bybel
11 % (afgerond)familie-Bybel
33 % (afgerond)familiebybel

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter indien dit na die Bybel verwys, byvoorbeeld "Familiebybel" of "Kanselbybel". Indien so 'n samestelling egter na 'n gids of handleiding verwys, word dit met 'n kleinletter geskryf, byvoorbeeld "wiskundebybel" of "kookkunsbybel".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties