04 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-10-2024 só ingevul:
Ek het 'n ........ horlosie vir Kersfees gekry.
goude
goud
gou goue
In die attributiewe vorm van die woord "goud" val die "d" weg en kry dit 'n "-e" agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Antibiotika is 'n ........ vir 'n groep geneesmiddele.
poliseem
homoniem versamelnaam
sinoniem
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Benamings vir 'n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels gesien as versamelwoorde.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Die ........ het in 2014 in 'n verslag sowat 20 kontrakte as onregmatig uitgewys.
ouditeur se generaal
ouditeurgeneraal ouditeur-generaal
ouditeur generaal
Titels of ampte met "generaal" word met 'n koppelteken gespel, byvoorbeeld "ouditeur-generaal".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Ons het oor 'n glas wyn sit en peins oor dinge wat anders kon gewees het. 'n Sinoniem vir die woord "peins" is ........ .
kerm
mopper
onthou mymer
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "mymer" kom nie meer so dikwels voor nie, maar beteken 'jou in weemoedige gedagtes versink'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)