09 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-10-2024 só ingevul:
Ek het vanoggend ........ werk toe op 'n groot ongeluk afgekom, daarom was ek laat.
op-pad
oppad
opad op pad
Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jy moet jou humeur ........ , anders kan dit jou in die moeilikheid laat beland.
beteuël
beteël beteuel
beteel
Ter wille van tradisie of in gevalle waar geen uitspraakprobleme ontstaan nie, word die deelteken nie gebruik nie, byvoorbeeld "beteuel", "dae", "geolie" en "geykte" (AWS 5.1b).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Daar was nie genoeg geld om die leerders ........ busvervoer te voorsien nie.
in
vir van
met
'n Mens voorsien iets "aan" iemand, "in" iemand se behoeftes en "van" iets, byvoorbeeld "busvervoer". (Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
"Die beskuldigde pleit onskuldig, ........ ."
u Edele of U Edele
slegs U edele slegs U Edele
slegs u Edele
Die dele van aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter (AWS 9.6).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)