Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 10 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-10-2024 só ingevul:



Sy is iemand wat gereeld ........ .
11 % (afgerond)groot praat
89 % (afgerond)grootpraat 

Wanneer 'n bywoord of byvoeglike naamwoord plus 'n werkwoord betekenisverdigting ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Ons het al verskeie ........ hier in die gras gesien.
1 % (afgerond)mammba's
76 % (afgerond)mambas 
23 % (afgerond)mamba's
1 % (afgerond)mammbas

Aangesien die laaste lettergreep van die woord "mamba" nie beklemtoon word nie, kry dit nie ’n afkappingsteken in die meervoud nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Idioom: Marianne is gewoonlik Saterdagoggende vroeg uit die ........ .
95 % (afgerond)vere 
1 % (afgerond)kombuis
2 % (afgerond)nagklere
2 % (afgerond)huis

Die uitdrukking "vroeg uit die vere" beteken 'vroeg in die môre opstaan. (Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Vir baie mense is ........ ’n rusdag.
Son Dag
97 % (afgerond)Sondag 
3 % (afgerond)sondag
son dag

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties