Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-01-2025 (vlak 1)



vorige toets 06 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-01-2025 só ingevul:



Direkte sonlig sal die plantjies se blare ........ .

1 % (afgerond)skrieo
1 % (afgerond)skreei
97 % (afgerond)skroei 
1 % (afgerond)skreeu

Diftonge, oftewel tweeklanke, is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word. Diftonge word nie met diakritiese tekens gespel nie.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Ewald is die sanger in die nuwe musiekgroep op die dorp, maar sy sussie tree ook gereeld as ........ vir die groep op.
1 % (afgerond)sangster
97 % (afgerond)sangeres 
1 % (afgerond)sangerin

Dis algemeen in Afrikaans dat manlike en vroulike vorms van mekaar onderskei word deur "-es". Ander voorbeelde sluit in "posmeester"/"posmeesteres" en "martelaar"/"martelares".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ons gaan elke ........ na my ouma se huis toe.
Kers fees
94 % (afgerond)Kersfees 
6 % (afgerond)kersfees

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



As jy aarsel, sal jy dalk die spertyd misloop.
'n Sinoniem vir "aarsel" in bostaande sin, is ........ .
72 % (afgerond)weifel 
konsentreer
kla
27 % (afgerond)twyfel

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "aarsel - weifel", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties