16 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-10-2024 só ingevul:
Die meeue pik deur die ........ rommel op die ashoop.
omgekeerde
omgekeerd
geomkeer
omkeer
ʼn Deelwoord is ʼn woord wat deels ʼn werkwoord en deels ʼn ander woordsoort (selfstandige of byvoeglike naamwoord) kan wees. As die werkwoord op "r" eindig, kry dit "ge-+-de" in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Hoeveel ........ benodig hierdie toerusting om te werk?
volt
wold
wolt
vold
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Op pad ........ het ons verby ’n ongeluk gery.
skool-toe skool toe
skooltoe
Bywoordelike verbindings ("skool toe") wat uit ʼn selfstandige naamwoord ("skool") en "toe" bestaan, word los geskryf (AWS 15.56).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Eina! Ek het my toon gestamp. Op watter toon begin die musiekstuk? Die woord "toon" in bostaande sinne is 'n ........ .
sinoniem homoniem
poliseem
homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toon” (‘deel van 'n voet’) en “toon” (‘musieknoot’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)