Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 16 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-10-2024 só ingevul:



Hulle het 'n nuwe ........ ontwikkel om melk langer vars te hou.
39 % (afgerond)procédé 
55 % (afgerond)procedé
6 % (afgerond)procede

Sommige woorde van vreemde herkoms word met 'n akuut gespel soos wat dit in die oorspronklike taal voorkom.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.
3 % (afgerond)in staatstel
80 % (afgerond)in staat stel 
9 % (afgerond)instaatstel
8 % (afgerond)instaat stel

Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die toeriste wou graag 'n ........ sien.
48 % (afgerond)Loxodonta Africana
26 % (afgerond)Loxodonta africana 
20 % (afgerond)loxodonta africana
6 % (afgerond)loxodonta Africana

By taksonomiese benamings begin genusname ("Loxodonta") en hoër klassifikasies tradisioneel met 'n hoofletter. Daarenteen begin spesiename ("africana") en laer klassifikasies met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Niemand hou van my broer nie, want hy is so lui soos 'n ........ .
8 % (afgerond)hond
44 % (afgerond)donkie
43 % (afgerond)donkie of aasvoël 
6 % (afgerond)aasvoël

Beide "donkie" en "aasvoël" word in hierdie vergelyking gebruik.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties