Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Gravis-/akuutteken

Die akuutteken word gebruik om betekenis en woordsoorte te onderskei. Byvoorbeeld:

  • Wat doen jy ná skool? teenoor Hy reis môre na Amerika.
  • Sy soek die sleutel. (bepaalde lidwoord) teenoor Dié sleutel lyk anders as die res. (aanwysende voornaamwoord)

Dit word ook gebruik om woorde te beklemtoon. Byvoorbeeld:

  • Die goed is darem dúúr!
  • Jy moet óf die blou rok óf die groene dra.
  • Hy is nóg vis nóg vlees.

Sommige woorde van vreemde herkoms word ook met 'n akuutteken gespel en behou die spelling soos in die oorspronklike taal. Byvoorbeeld:

  • attaché
  • cliché
  • négligé
  • séance

Sommige mense beweer dat Franse leenwoorde wat op 'n "é" uitgespreek moet word as [ee], soos attaché as a-ta-sjee. Dit is egter nader aan die oorspronklike Frans om dit as 'n [əi] uit te spreek as a-ta-sjy.

Lees meer

In hoofstuk 4 van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls kan jy meer lees oor die gebruik van die akuutteken in Afrikaans.  

 

 


Die gravisteken

 

In teenstelling met die akuutteken word die gravisteken hoofsaaklik gebruik om by sommige woorde die [ε]-klank aan te dui. Byvoorbeeld:

  • appèl

Dit word ook by woorde van vreemde herkoms gebruik soos wat dit in die oorspronklike taal gebruik word. Byvoorbeeld:

  • crèche
  • pietà
  • première

Lees meer

In hoofstuk 8 van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls kan jy meer lees oor die gebruik van die gravisteken in Afrikaans.

 

 






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties