18 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-10-2024 só ingevul:
Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
voet slaan
foetslaan voetslaan
voet-slaan
ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Daar moet iets ........ as jy so ongelukkig lyk.
happer
hammer
hamer haper
Die woord "haper" word nie meer so dikwels gebruik nie, maar beteken 'makeer', 'ontbreek', 'te kort skiet' of 'faal'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Idioom: Op die ........ lê.
bed
grond
vloer loer
Die idioom "op die loer lê", beteken 'heimlik op die uitkyk wees'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Volgens taalkundige klassifikasie val Afrikaans (saam met Nederlands) onder die groepering ........ , 'n subklassifikasie van Nederduits.
Nederfrankies
Anglo-Fries
Oos-Germaans
Noord-Germaans
Nederfrankies (die groepering waaronder Afrikaans val) ressorteer onder die klassifikasie Nederduits, wat op sy beurt onder Wes-Germaans val. Anglo-Fries ('n ander subklassifikasie van Wes-Germaans) is op sy beurt 'n hoër klassifikasie van beide Fries en Engels. Germaanse tale het drie vertakkings: buiten Wes-Germaans (waaronder Duits ook val) het Noord-Germaans (wat die meeste moderne Skandinawiese tale insluit) oorleef, maar alle Oos-Germaanse tale (waaronder Goties) het uitgesterf. Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Nederfrankies en http://af.wikipedia.org/wiki/Germaanse_tale
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)