Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 21 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-10-2024 só ingevul:



As jy skielik ʼn helder streep in die naglug sien, is dit moontlik ʼn ........ wat na die aarde toe val.
36 % (afgerond)meteoor 
59 % (afgerond)meteoriet
3 % (afgerond)meteoroïed
2 % (afgerond)meteoriede

Die woord "meteoor" verwys na 'n klein hemelliggaam oftewel "meteoroïed" wat reeds die aarde se atmosfeer binnegedring het. 'n Ander benaming vir 'n "meteoor" is "'n vallende of verskietende ster". Die woord "meteoriet" verwys na 'n rotsagtige voorwerp wat uit die oorblyfsels van 'n meteoroïed bestaan wat na die aarde geval het.
(Bron: Skryf Afrikaans A to Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Eerste by ........ , eerste maal.
90 % (afgerond)meul 
fabriek
3 % (afgerond)kos
7 % (afgerond)koring

Die idioom "eerste by meul, eerste maal", beteken 'die wat eerste kom, word eerste bedien'. In Engels sê ons: "First come, first served".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Kinders, julle moenie so ........ nie!
38 % (afgerond)slegs te kere gaan of tekere gaan
44 % (afgerond)te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan 
10 % (afgerond)slegs tekere gaan of tekeregaan
8 % (afgerond)slegs tekeregaan

As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Hierdie dingetjies lyk miskien op die oog af na nietighede, ........ vreet dit aan 'n mens se siel.
33 % (afgerond)des al niet te min
10 % (afgerond)desalniettemin
41 % (afgerond)desalnietemin 
16 % (afgerond)dis al nietemin

Die voegwoord "desalnietemin" word nie baie gebruik nie, behalwe in besonder deftige kontekste. Soos alle voegwoorde word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties