Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 22 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-10-2024 só ingevul:



Die ........ stelling is die korrekte een.
2 % (afgerond)eers genoemde
eersgenoem
eerste genoem
98 % (afgerond)eersgenoemde 

Sommige byvoeglike naamwoorde ("eersgenoemd’) wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word "eersgenoemde".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Moenie so ........ wees nie, ek maak net ʼn grappie.

1 % (afgerond)luggeraak
95 % (afgerond)liggeraak 
4 % (afgerond)lig geraak
lug geraak

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “luggeraak” in plaas van die korrekte “liggeraak”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Ons is Kersfees by die familie en op ........ gaan ons 'n vuurwerkvertoning kyk.
10 % (afgerond)Nuwe Jaar
7 % (afgerond)nuwejaar
82 % (afgerond)Nuwejaar 
1 % (afgerond)nuwe jaar

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die vakansiedag is "Nuwejaar" wanneer mense mekaar 'n voorspoedige "nuwe jaar" toewens.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Ek het ........ gegaan om te kyk wat die lawaai veroorsaak het.
4 % (afgerond)slegs buitetoe
12 % (afgerond)slegs buitentoe
83 % (afgerond)buitentoe of buitetoe 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “buitentoe – buitetoe”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meestal – meesal”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties