Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 25 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-10-2024 só ingevul:



Die maatskappy fokus veral op ........ .
81 % (afgerond)huis-tot-huis-verkope 
9 % (afgerond)huis- tot huisverkope
4 % (afgerond)huis tot huisverkope
5 % (afgerond)huis tot huis-verkope

Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hy het ........ aan die toernooi.
51 % (afgerond)hom onttrek 
hom ge-onttrek
48 % (afgerond)onttrek
ge-onttrek

Die frase "hy het onttrek" is 'n anglisisme vir "he withdrew".
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Dit is ........ en seker dat die Noordpool se ysdek stelselmatig besig is om te smelt.
76 % (afgerond)wis 
14 % (afgerond)waar
9 % (afgerond)beslis

Die uitdrukking "wis en seker" beteken 'sonder die geringste twyfel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



God verwag dat ons op Hom sal vertrou, want ........ almag is groot.
40 % (afgerond)Sy
40 % (afgerond)sy 
20 % (afgerond)Sy of sy

Die besitlike voornaamwoorde "sy" en "u" (vir God) word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties