Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-10-2024 só ingevul:



Die ........ van die plan moet egter gewysig word.
6 % (afgerond)sy aansig
29 % (afgerond)sy-aansig
64 % (afgerond)syaansig 
1 % (afgerond)syäansig

Die opeenvolging van vokaalletters bring nie noodwendig mee dat 'n komplekse woord verkeerd of moeilik korrek gelees sal word nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Weens studenteprotes sal die toetse ........ word.
1 % (afgerond)skeduleer
20 % (afgerond)hergeskeduleer 
47 % (afgerond)herskeduleer
32 % (afgerond)geherskeduleer

Werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra, kry "ge-" in die verlede tyd, al begin die woord met "her-", "byvoorbeeld "geherberg" en "hergeskeduleer" (AWS 19.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die voormalige ........ president, Dilma Rousseff, was die eerste vrou om dié amp in die land te beklee.
1 % (afgerond)Brasiliëse
69 % (afgerond)Brasiliese of Brasiliaanse 
25 %Brasiliaanse
5 % (afgerond)Brasiliese

Beide byvoeglike naamwoorde vir Brasilië "Brasiliese" en "Brasiliaanse" word erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



Hoe goed is die ........ van hierdie kompleks?
sekerheid
60 % (afgerond)veiligheid, sekerheid of sekuriteit 
37 % (afgerond)sekuriteit
3 % (afgerond)veiligheid

Die woorde "sekerheid" en
"veiligheid" en "sekuriteit" is almal sinonieme, hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak tussen die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties