Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 30 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-10-2024 só ingevul:



Die huis word as 'n ........ teen 'n hoë prys bemark.
2 % (afgerond)primaëiendom
43 % (afgerond)prima-eiendom
3 % (afgerond)prima- eiendom
52 % (afgerond)prima eiendom 

Die woord "prima" is in hierdie voorbeeld 'n byvoeglike naamwoord. Byvoeglike naamwoorde word gewoonlik los van die selfstandige naamwoorde geskryf wat hulle beskryf, byvoorbeeld "prima eiendom", "mooi huis", "gunstige omgewing".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die slagoffer is deur 'n ........ getref.
87 % (afgerond)koeël 
1 % (afgerond)koel
12 % (afgerond)koël
koeel

Die funksie van 'n deelteken is om aan te dui dat twee vokale wat na mekaar volg nie as 'n diftong uitgespreek moet word nie, maar wel as twee verskillende klinkers. 'n Mens sou dus kon sê 'n deelteken verleen 'n ekstra lettergreep aan 'n woord.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die nuwe burgemeester doen baie vir die dorp ........ dienslewering.

94 % (afgerond)in terme van  
3 % (afgerond)uit hoofde van
2 % (afgerond)kragtens
in teenstelling met

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in terme van”; “met hart en siel”; “in teenstelling met” en “uit hoofde van”. Let daarop dat die woord "kragtens" dieselfde beteken as "in terme van", maar dié meer formele woord word hoofsaaklik met betrekking tot die regte gebruik.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die sterre Procyon (α CMi, 0,38 mag) en Gomeisa (β CMi, 2,9 mag) vorm die ........ , wat in die noorderhemelruim te siene is.

5 % (afgerond)klein hond
4 % (afgerond)Klein hond
2 % (afgerond)klein Hond
89 % (afgerond)Klein Hond 

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met ʼn hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties