Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 31 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-10-2024 só ingevul:



Baie kenners beskou Philida as Brink se magnum opus. Wat is ʼn gepaste sinoniem van "magnum opus"?
4 % (afgerond)laaste werk
nimf
4 % (afgerond)muse
92 % (afgerond)meesterstuk 

Iemand se magnum opus (ʼn leenwoord uit Latyn) is sy/haar meesterstuk. Die meervoud van "magnum opus" is "magnum opusse" of "magna opera". (Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Sommige skole gebruik nog oorhoofse ........ in die klas.
projektorens
76 % (afgerond)projektors 
23 % (afgerond)projektors of projektore
1 % (afgerond)projektore

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is ("projektor"), kry ’n "-s" in die meervoud (AWS 13.3). Sommige selfstandige naamwoorde het meer as een meervoudsvorm sonder betekenisverskil, byvoorbeeld "doktors - doktore", "offisiers - offisiere". By ander meervoudsvorme is daar egter wel 'n betekenisverskil na gelang van hoe die meervoud gevorm word, byvoorbeeld "faktors - faktore", "goedere - goeters", "motors - motore" (AWS 17.18).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ het die minister se voorstel verwerp.

39 % (afgerond)speaker of Speaker 
13 % (afgerond)slegs speaker
48 % (afgerond)slegs Speaker

'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.

Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Hy kon nie my ........ insien nie.
70 % (afgerond)standpunt 
30 % (afgerond)punt

Om iemand se "punt" in te sien, is 'n anglisisme; die korrekte woord is "standpunt".
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties