01 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-11-2024 só ingevul:
Ek het deesdae so min energie; ek dink ek moet apteek toe gaan om 'n ........ te kry.
toniekum tonikum
tooniekum
toonikum
Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Jou pêrels vir die ........ werp.
beeste swyne
varke
honde
Die idioom "Jou pêrels vir die swyne werp", beteken 'iets doen vir iemand wat jou daad nie werd is of dit waardeer nie'. Die idioom is ontleen uit die Bybel: Matteus 7:6. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Hulle het vir die hoof 'n ........ gegee om hom te bedank.
afskeidsgeskenk
afskeid geskenk
afskeidgeskenk
afskeids geskenk
By samestellings wat 'n verpligte verbindingsklank neem, is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Hy drink net ........ by partytjies.
sjandie
sjandy shandy
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)