Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 01 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-11-2024 só ingevul:



Ek het deesdae so min energie; ek dink ek moet apteek toe gaan om 'n ........ te kry.
2 % (afgerond)toniekum
97 % (afgerond)tonikum 
tooniekum
toonikum

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Jou pêrels vir die ........ werp.
beeste
84 % (afgerond)swyne 
16 % (afgerond)varke
honde

Die idioom "Jou pêrels vir die swyne werp", beteken 'iets doen vir iemand wat jou daad nie werd is of dit waardeer nie'.
Die idioom is ontleen uit die Bybel: Matteus 7:6.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Hulle het vir die hoof 'n ........ gegee om hom te bedank.
96 % (afgerond)afskeidsgeskenk 
1 % (afgerond)afskeid geskenk
3 % (afgerond)afskeidgeskenk
afskeids geskenk

By samestellings wat 'n verpligte verbindingsklank neem, is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Hy drink net ........ by partytjies.
7 % (afgerond)sjandie
4 % (afgerond)sjandy
89 % (afgerond)shandy 

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties