Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 11 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-11-2024 só ingevul:



As jy nie die antwoord ken nie, moet jy ........ .
7 % (afgerond)raaï
93 % (afgerond)raai 
rai

Diftonge, oftewel tweeklanke, is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word. Diftonge word nie met leestekens gespel nie.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Wat is die meervoud van "tarief"?
8 % (afgerond)tariefe
3 % (afgerond)tariëwe
89 % (afgerond)tariewe 
1 % (afgerond)tariefs

Woorde wat op 'n "f" eindig, kry 'n "w" in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Candice se ma kook gereeld konfyt van ........ .
2 % (afgerond)apelieffies
31 % (afgerond)appeliefies
65 % (afgerond)appelliefies 
3 % (afgerond)Appelliefies

Die gewone benaminge van plante en diere ("appelliefie") begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Haar woede is ........ ; as dit met jou gebeur het, sou jy ook kwaad gewees het.

80 % (afgerond)geregverdig 
10 % (afgerond)geregverdigd
9 % (afgerond)regverdig
1 % (afgerond)regverdigend

Die woorde "geregverdig" en "regverdig" word soms verwar. Die woord "geregverdig" beteken 'waarvoor daar 'n goeie verduideliking is'. Die woord "regverdig" beteken 'volgens wat iemand verdien'.
Bron: HAT Skoolwoordeboek
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties