Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 11 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-11-2024 só ingevul:



Sarah het verlede naweek 'n ou ........ by Hentiesbaai uitgetrek.
81 % (afgerond)grote 
9 % (afgerond)grootte
10 % (afgerond)groote

"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Bietjie ........ maar klipsteenhard.
3 % (afgerond)vreemd
2 % (afgerond)slu
6 % (afgerond)sag
88 % (afgerond)baard 

Die idioom "bietjie baard maar klipsteenhard" word gesê van 'n 'geslepe of ervare mens'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Sy het haar hoërskoolloopbaan aan 'n ........ voltooi.
83 % (afgerond)meisieskool 
1 % (afgerond)meisies skool
1 % (afgerond)meisies-skool
15 % (afgerond)meisiesskool

As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die hoof se parkeerplek is skaars tien treë van haar kantoor af.
Wat is die woordsoort van "treë" in bostaande sin?


6 % (afgerond)eiename
13 % (afgerond)massaname
11 % (afgerond)versamelname
70 % (afgerond)soortname 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "tree", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties