Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 12 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-11-2024 só ingevul:



Dit was 'n ........ aanval.
4 % (afgerond)bedekde
bedekt
95 % (afgerond)bedekte 
bedekdte

Voltoooide deelwoorde wat op "k" of "p" eindig, kry "-te" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Al die nuwe idees ........ in my kop rond.
5 % (afgerond)dwarel
dwarril
94 % (afgerond)dwarrel 
dwaril

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23). Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Ná die Tweede Wêreldoorlog is die meeste broekiekouse van ........ gemaak.
6 % (afgerond)Nylon
Nilon
92 % (afgerond)nylon 
1 % (afgerond)nilon

Eienaamverbleking gebeur wanneer die verband tussen die persoon of saak waarop die eienaam betrekking het, vervaag het. Dit word dan met ʼn kleinletter gespel, byvoorbeeld "nylon", "jacuzzi" en "diesel".
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.



'n Sinoniem vir die woord Moslem is ........ .
10 % (afgerond)slegs Islamiet
3 % (afgerond)slegs Moesliem
75 % (afgerond)Moesliem, Islamiet, Mohammedaan 
11 % (afgerond)slegs Mohammedaan

Die woorde "Moesliem", "Islamiet" en "Mohammedaan" is almal sinonieme vir die woord "Moslem", wat 'aanhanger van die Islam' beteken. Die woord "Mohammedaan" moet egter vermy word omdat dit deur sommige as beledigend ervaar word.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties