15 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-11-2024 só ingevul:
Die maatskappy het verlede jaar 'n totale wins van ........ rand getoon.
vier-miljoen-ses-duisend of vier-miljoen ses-duisend
vier miljoen ses duisend of vier-miljoen-ses-duisend vier miljoen ses duisend of viermiljoen sesduisend of viermiljoensesduisend
vier miljoen ses duisend of vier-miljoen ses-duisend of viermiljoensesduisend
'n Telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" kan los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Waarvoor staan die akroniem "MMus"?
Magister Musica
Magister Musice Magister Musicae
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Die beklaenswaardige kêrel is 'n regte ou ........ .
Jan Laventel
Jan Pampoen Jan Kalbas
Jan Salie
'n "Jan Kalbas" is 'n sukkelaar. 'n "Jan Laventel" is 'n opgetooide, spoggerige, aantreklike kêrel. 'n "Jan Pampoen" is 'n niksbeduidende vent, 'n stommerik. 'n "Jan Salie" is 'n papbroek.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die vyfde planeet vanaf die ster ........ is Jupiter.
son of Son Son
son
"Son", "Maan" en "Aarde" word met hoofletters geskryf wanneer hulle as eiename van spesifieke hemelliggame gebruik word. As jy die lidwoord "die" of 'n telwoord voor "son", "aarde" en "maan" kan gebruik, word dit met kleinletters geskryf, byvoorbeeld "Die son skyn lekker warm" of "Die aarde het slegs een maan". (Bron: HAT Taal- en Feitegids).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)