Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 19 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-11-2024 só ingevul:



Die kerktoring word herstel en is daarom omring deur steiers.
Wat is die woordsoort van "steiers" in bostaande sin?

5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
94 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)voornaamwoord
adjektief

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “steier - die steier – steiers”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die minister het gesê daar bestaan 'n ........ en ons moet daarvolgens optree.
73 % (afgerond)krisissituasie 
17 % (afgerond)krisis situasie
10 % (afgerond)krisis-situasie

ʼn Samestelling (“krisissituasie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“krisis” en “situasie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Sommige van die Belgiese sanger ........ Brel se liedjies is ook in Afrikaans vertaal.

2 % (afgerond)Jaquez
88 % (afgerond)Jacques 
8 % (afgerond)Jaques
2 % (afgerond)Jacquez

Die naam Jacques is die Franse vorm van die naam Jakobus of Jakob. Dit word gewoonlik met 'n c en 'n q gespel.

Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Na sy afdanking het hy ten ........ gegaan.
2 % (afgerond)grond
97 % (afgerond)gronde 
grondes
grônde

Die vaste uitdrukking "ten gronde gaan" beteken 'vernietig word' of 'ondergaan'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties