Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 19 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-11-2024 só ingevul:



Carel mag twintig ........ na sy partytjie toe uitnooi.
1 % (afgerond)matjies
5 % (afgerond)maaitjies
maaikies
94 % (afgerond)maatjies 

"Maat" se verkleiningsvorm is "maatjie". Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die ........ draai om die aarde.
man
maën
maen
100 % (afgerond)maan 

In geslote lettergrepe (soos in die woord “maan”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die ........ van SARU het 'n vergadering aangevra ná die noodlottige insident.
46 % (afgerond)voorsitter
3 % (afgerond)Voorsitter
52 % (afgerond)Voorsitter of voorsitter 

'n Ampsbenaming ("voorsitter") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Die ........ is die kleinste honderas ter wêreld.
1 % (afgerond)sjiewhawha
12 % (afgerond)chiwhawha
86 % (afgerond)chihuahua 
1 % (afgerond)sjiwhawha

Vreemde woorde ("chihuahua") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm. Die woord "chihuahua" is ontleen van die Mexikaanse deelstaat met dieselfde naam, waar die hond vermoedelik sy oorsprong het.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Chihuahua_(hond)
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties