Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 20 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-11-2024 só ingevul:



Die oggend van Pieter se verjaarsdag het sy vrou seker gemaak dat sy klere skoon is en sy motor vol brandstof ........ helaas was alles tevergeefs.
75 % (afgerond)is; 
5 % (afgerond)is:
1 % (afgerond)is
20 % (afgerond)is,

Die kommapunt word gebruik om 'n langerige pouse in 'n lang volsin aan te dui.
Sien ook die bladsy Kommapunt.



Die reg wat betrekkinge onderling tussen burgers reël, staan bekend as ........ .

6 % (afgerond)privatereg
9 % (afgerond)privaat reg
15 % (afgerond)private reg
70 % (afgerond)privaatreg 

Die woord "privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. Die woord "privaatreg" is 'n uitsondering. 

Sien ook die bladsy Samestellings.



Eerskomende Sondag word ........ gevier.
45 %Nagmaal
55 %nagmaal 

Die "nagmaal" is nie 'n amptelike kerklike feesdag (soos "Hemelvaartdag") nie en word daarom met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Jy kan ........ tyd jou ouma besoek.
23 % (afgerond)ter eniger
12 % (afgerond)te enige
13 % (afgerond)ter enige
53 % (afgerond)te eniger 

Die vaste uitdrukking "te eniger tyd" beteken 'enige tyd'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties