Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Kommapunt

'n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van 'n sin voor. Daar is 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan. Byvoorbeeld:

  • Ons het vroeg opgestaan; ons het 'n lang reis voor ons gehad.
  • Ek het 'n hekel aan swem; tog vat ek 'n swembroek saam.

 


Die eerste woord ná die kommapunt kry nie 'n hoofletter nie, tensy dit 'n hoofletterwoord is, byvoorbeeld 'n naam. Byvoorbeeld:

  • Die bure se musiek is te hard; hulle het geen maniere nie.
  • Ek is mal oor Kaapstad; Durban is ook nie te sleg nie.

 


'n Kommapunt kan ook in die plek van 'n weggelate woord staan byvoorbeeld in 'n opskrif:

 

  • Maleisiese vliegongeluk eis 24; 12 oorleef.





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties