Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 21 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-11-2024 só ingevul:



’n ........ dui ’n aksie in ’n sin aan.
1 % (afgerond)Werk-woord
Werk woord
99 % (afgerond)Werkwoord 

ʼn Samestelling ("werkwoord") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("werk" en "woord") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hulle plaas is ʼn ware ........ in die droë Karoo.

o-ase
96 % (afgerond)oase 
4 % (afgerond)oäse

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “oase”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Kliënte moet die ........ afbyt van handelsbanke se standaardisering.
4 % (afgerond)appel
90 % (afgerond)spit 
5 % (afgerond)vingers
1 % (afgerond)wors

Die idioom "die spit afbyt" beteken ‘die moeilikste of gevaarlikste werk verrig’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Toe ons gaan stap het, het ons ’n ........ in die veld gesien.
12 % (afgerond)rinkals
80 % (afgerond)rinkhals 
6 % (afgerond)Rinkhals
3 % (afgerond)Rinkals

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties