21 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-11-2024 só ingevul:
'n ........ staan aan die hoof van 'n nonneklooster.
Abbes Abdis
Abbot
Abin
Die vroulike ekwivalent van "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abdis" (Engels 'abbess').
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Die huis is ........ omdat die eienaar bankrot verklaar is.
opgevuil opgeveil
opgefyl
opgevyl
Ons kry die woord "veil" ook in die woord "veiling" waar goedere "opgeveil" word.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Mosambiek het voorheen bekend gestaan as ........ .
Portugees Oos-Afrika Portugees-Oos-Afrika
Portugees Oos Afrika
Portugeesoosafrika
In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat die onverboë vorm van 'n byvoeglike naamwoord is wat normaalweg 'n attributiewe "-e" neem, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf. Ander voorbeelde sluit in: "Ekwatoriaal-Guinee", "Spaans-Noord-Afrika" en "Brits-Columbië". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Kandidate met 'n ........ in Afrikaans kan vir die pos aansoek doen.
doktersgraad
doktirsgraad doktorsgraad
Iemand wat die hoogste kwalifikasie, oftewel "doktorsgraad", op 'n bepaalde gebied bereik het, is 'n "doktor"; 'n sinoniem vir 'n geneesheer is 'n "dokter".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)