Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 21 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-11-2024 só ingevul:



Ons gaan vandeesweek ........ in die Afrikaansklas behandel.

poosie
97 % (afgerond)poësie 
poozie
2 % (afgerond)poëzie

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “poësie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "poësie" kom van die Grieks "poiesis" wat 'skep' beteken.

Sien ook die bladsy Tussenklas.



Sy ........ proefskrif het te veel foute bevat.
aanvang
aanvanklikend
2 % (afgerond)aanvanklik
98 % (afgerond)aanvanklike 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Gorillas, sjimpansees, bobbejane en ape is ........ .
8 % (afgerond)omnivore
1 % (afgerond)halfmense
bosdiere
90 % (afgerond)primate 

Die woord "primaat" is die versamelnaam vir gorillas, sjimpansees, bobbejane en ape en begin met 'n kleinletter. Gewone benaminge van diere, soos 'aap' en 'bobbejaan', sowel as spesiename en laer klassifikasies, begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die hond blaf vir sy refleksie in die venster.
Wat is die woordsoort van die woord "refleksie" in bostaande sin?
2 % (afgerond)voornaamwoord
84 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
11 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
4 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “refleksie - die refleksie – refleksies”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties