Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 25 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-11-2024 só ingevul:



Zoë het saam met haar suster ........ die ysskaatskompetisie deelgeneem.
op
99 % (afgerond)aan 
1 % (afgerond)in

'n Mens neem "aan" 'n kompetisie deel; tree "in" 'n toneelstuk op en woon "op" 'n dorp.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Met Kersfees sal tannie Hettie vir Ryno sy ........ voorberei: koue skaaptong!

23 % (afgerond)gunsteling gereg
9 % (afgerond)gunstelingsgereg
66 % (afgerond)gunstelinggereg 
2 % (afgerond)gunsteling-gereg

Die woord "gunsteling" is 'n selfstandige naamwoord en vorm 'n samestelling met 'n selfstandige naamwoord wat daarop volg en word vas geskryf, byvoorbeeld "gunstelinggereg", "gunstelingmusiek", "gunstelingskrywer".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die polisie ondersoek verskeie ........ wat tot die moord kon aanleiding gee.
motiefens
motiewens
99 % (afgerond)motiewe 
motiefs

Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn “f” eindig, kry “w” in die meervoudsvorm, byvoorbeeld “motief – motiewe”).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Vroegoggend ........ die groot duiwe op die dak.

42 % (afgerond)kir 
6 % (afgerond)tjirp
6 % (afgerond)koel-koel
47 % (afgerond)tortel

Duiwe kir, koer, koerdoek of koekoe, terwyl kalkoene koel-koel en voëltjies tjirp of tjilp. Die woord "tortel" is slegs ʼn naamwoord wat ook gebruik word om na ʼn soort duif te verwys. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties